Waar hoop, herstel en nuwe lewe begin

My Dienste

Ek is Belinda Bothma, ’n berader wat jou met hart en hoop begelei.

Belinda Bothma, stigter van Met Hart & Hoop, is ’n toegewyde berader met ’n passie om mense, groot en klein, deur die kompleksiteite van die lewe te begelei. Met ’n agtergrond in terapie, berading en ekometriese assesserings, volg sy ’n holistiese benadering wat fokus op emosionele welstand, persoonlike waardes en praktiese strategieë vir groei. Belinda glo dat berading ’n heilige, veilige ruimte is waar mense sonder oordeel kan wees, hul stories kan deel en nuwe hoop kan ontdek. Haar doel is om elke individu te help om genesing te ervaar, duidelikheid te vind en met hernude hoop vorentoe te beweeg.

Waarom “Met Hart en Hoop”?

Die naam weerspieël my oortuiging dat emosionele genesing begin wanneer ons met eerlikheid (Hart), en ook vanaf God se Hart, na ons situasie kyk en met verwagting (Hoop), na die toekoms reik.

Gereed om die eerste stap te neem?

Jy hoef nie hierdie pad alleen te loop nie. Laat ons saam werk aan ‘n pad vorentoe wat vir jou sin maak.

“Berading is vir my ‘n heilige spasie waar hoop herstel word en nuwe moontlikhede ontdek word.”

Belinda Bothma